Deur toegang te verkry tot hierdie webwerf, toon u u bereidheid om uself te bind aan die webtuiste se Voorwaardes van Gebruik en alle toepaslike plaaslike wette en regulasies, en dat u saamstem dat u verantwoordelik is om te voldoen aan sulke toepaslike plaaslike wette. U toegang tot die webtuiste is onderhewig aan die terme en voorwaardes hierin vervat, welke W & W Krippe (hierna “die Maatskappy”) enige tyd kan wysig. Gewysigde terme en voorwaardes word effektief vanaf datum van wysiging. Die materiaal wat op hierdie webwerf verskyn word beskerm deur toepaslike kopiereg en handelsmerk reg en word beskikbaar gestel aan die publiek vir reklame en verkoopsdoeleindes.
U stem toe dat die Maatskappy op enige tydstip u gebruik van die webtuiste mag beeindig, vir welke rede ookal, maar in die besonder vir skending of misbruik van die terme en voorwaardes van gebruik. U stem toe dat die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees teenoor u of enige 3de party vir sodanige beeindiging nie.

1. Gebruikstoestemming
Toestemming word verleen vir die gebruik van reklamemateriaal vanaf ons webblad vir nie-kommersiële doeleindes. Onder hierdie vergunning mag u nie –

  • die materiaal gebruik vir kommersiële gewin nie
  • die materiaal in die openbaar vertoon hetsy kommersieël of nie-kommersieël nie
  • enige kopiereg of ander eiendom notas van die material naboots nie,
  • enige materiaal oordra aan ‘n derde persoon nie
  • die materiaal op’ n ander bediener oordra nie

Hierdie toestemming word outomaties beëindig indien u enige van hierdie bepalings oortree en kan verder ter eniger deur ons beëindig word. By die beëindiging van toegang tot ons webtuiste moet alle materiaal wat afgelaai is vernietig word hetsy in elektroniese of gedrukte formaat.

2. Vrywaring
Materiaal of produkte wat verslyn op hierdie webwerf word aangebied “soos dit is”. Daar is geen waarborg, uitdruklik of geïmpliseer en hiermee gevrywaar en alle ander waarborge ontken, insluitend, sonder beperking, geïmpliseerde waarborge of voorwaardes van verhandelbaarheid, geskiktheid vir ‘n spesifieke doel of land, of nie-nakoming van die intellektuele eiendom of ander skending van menseregte. Verder waarborg ons nie, of, lewer ons geen vertoë met betrekking tot die akkuraatheid, waarskynlik resultate, of die betroubaarheid van die gebruik van die materiaal op die webtuiste, of anders met betrekking tot sodanige materiaal of op enige plekke wereldwys in verband met hierdie webwerf nie.

3. Beperkinge
In geen geval sal ons of ons verskaffers aanspreeklik wees vir enige skade (insluitende, sonder beperking, skadevergoeding vir die verlies van data of wins, of as gevolg van besigheidsonderbreking,) wat voortspruit uit die gebruik of onvermoë om die materiaal te gebruik op hierdie web werf, selfs wanneer ‘n gemagtigde verteenwoordiger mondelings of skriftelik kennis gee van die moontlikheid van sulke skade. Omdat sommige jurisdiksies nie beperkinge op die geïmpliseerde waarborge, of beperking van aanspreeklikheid vir gevolgskade of toevallige skade toelaat nie, kan hierdie beperkinge nie van toepassing op u wees nie.

4. Weergawes en errata
Materiaal wat op ons webblad verskyn kan tegniese, tipografiese, of fotografiese foute bevat. Ons waarborg nie dat enige van die materiaal op hierdie webtuiste akkuraat of gevoltooi is nie. Veranderings in die materiaal op die webwerf kan ter eniger tyd en sonder kennisgewing gewysig word. Die Maatskappy onderneem egter nie om enige aanpassings te maak nie.

5. Gekoppelde Webwerwe
Sou ons besluit om met ander webwerwe te Koppel, aanvaar ons geen verantwoordelik vir die inhoud van so ‘n gekoppelde webblad nie. Die insluiting van enige 3de party webskakel impliseer ook nie dat ons webwerf ‘n endossement vir die gekoppelde werf nie. Gebruik van enige sodanige gekoppelde webwerf is alleenlik op die gebruiker se eie risiko.

6. Hersiening van Webtuiste Terme en Voorwaardes
Die Maatskappy behou die reg om hierdie terme en voorwaardes ter eniger tyd en sonder kennisgewing te wysig. Deur die gebruik van hierdie webwerf, stem u in om uself te bind aan die huidige Terme en Voorwaardes asook aan enige gewysigde bepalings hiervan.

7. Rekords van die besoekers gebruik en misbruik
Die gebruiker mag die webwerf besoek sonder om enige persoonlike inligting te verskaf. U stem toe dat die webwerfbedieners in sulke gevalle die IP-adres van die gebruiker se rekenaar mag optel, maar nie die e-posdres of enige ander onderskeidende inligting nie. Die IP-adresinligting sal slegs gebruik word om die gemiddelde tyd te bepaal wat gebruikers op die webwerf spandeer, die hoeveelheid kere wat een gebruiker die webwerf besoek, hoeveel blaaie besoek word, ens. Die verskaffer gebruik hierdie inligting om die gebruik en sukses van die webwerf te bepaal en om die inhoud daarvolgens te verbeter. Die verskaffer het geen verpligting om hierdie inligting te beskerm nie en u stem toe dat hy dit sonder beperking mag gebruik of versprei.

8. Gebruik van Inligting wat u Verskaf
Alle inligting van welke aard ookal, met geen beperking, wat deur u aan hierdie webtuiste verskaf, en deur welke media, sal deur die Maatskappy behandel word as nie-vertroulik.
Enige inligting deurgegee aan die webtuiste, gee aan die Maatskappy onherroeplike en ewigdurende reg in die wydste begrip van die terme, alles ingesluit en niks uitgesluit nie, huidiglik en toekomstiglik en mag deur die Maatskappy aangewend word op elke praktiese besigheidsfront soos bepaal deur die Maatskappy, met geen uitsluiting nie.

9. Privaatheid
Die Maatskappy ontleed alle derdeparty gebruik van hierdie webtuiste. E-posadresse en ander persoonlike informasie wat u aan die Maatskappy bekend maak word so bekend gemaak. U stem toe dat die Maatskappy e-posse en ander persoonlike kontak inligting wat aan die webtuiste gestuur is mag gebruik om met webtuistebesoekers te kommunikeer.

10. Handelsmerke
Hoegenaamd geen reg of lisensie word direk of indirek op die webtuiste aan gebruikers gegee, by implikasie, of deur enige ander middel, om enige handelsmerk, patent, logo, diensmerk ens te gebruik sonder die toestemming van die Maatskappy nie, oftewel sulke merk, patent of logo geregistreerd of ongeregistreerd is. Ongemagtigde gebruik van enige handelsmerk op die Maatskappy se webtuiste  word streng verbied.

11. Outeurregte
Sekere inligting wat op die Maatskappy se tuiste verskyn besit outeursregbeskerming en enige duplisering of kopiering van enige deel van die inhoud word verbied sonder die Maatskappy se goedkeuring.

12. Afdwingbaarheid en Jurisdiksie
Sou sekere van die paragrawe in die ooreenkoms vir welke redes nie geldig wees nie sal die res van die ooreenkoms nog van toepassing bly. Geen afstanddoening deur die Maatskappy op enige tydstip van enige bepalings of regte onder die ooreenkoms sal beskou word as ‘n afstanddoening van regte op enige toekomstige skending van die ooreenkoms nie.
Vir die doel van jurisdiksie, en in geval van uiteenlopende regstelsels sal hierdie bepalings onderhewig wees aan Suid Afrikaanse reg en nie Internasionale reg nie. U stem toe dat enige geskil onder die jurisdiksie van die Hooggeregshof van Suid Afrika sal val en binne 3 jaar van ontstaan besleg moet word.