Baie welkom by die tuiste van W & W Krippe.
Ongeveer 20 jaar gelede het ek besluit om vir my behoorlike Voer en Water Krippe te giet uit gewapende beton, omdat ek moeg gesukkel was met ou buitebande en geroeste bakke. Die resultaat hiervan was dat dit baie suksesvol was, my bure het bestel en so het ons gegroei tot waar ons vandag is.
Van my eerste krippe wat ek gegiet het is vandag nog in gebruik en is nog in dieselfde toestand as 20 jaar gelede. Daarom sien ek geen beperking in die duursaamheid van die Krippe nie.
Ons het die Krippe ontwerp met die volgende in gedagte nl:

  1. Die hoeveelheid krip-spasie vir die voorsiening van water aan lewendehawe het direk betrekking tot die kwaliteit van lewendehawe.
  2. Die gemak waarmee diere water drink.
  3. Vierkantige krippe maak baie makliker skoon met ‘n besem as ronde krippe.
  4. n Uitlaatklep is belangrik vir gemaklike dreinering vir skoonmaak doeleindes.